Douglas Adams

Douglas Noel Adams
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Douglas Noel Adams
Geboorte (1952-03-11)11 Maart 1952
Cambridge, Engeland
Sterfte 11 Mei 2001 (op 49)
Montecito, Kalifornië
Ouers Janet (née Donovan)
Christopher Douglas Adams
Beroep Outeur
Genre Wetenskapfiksie
Bekend vir The Hitchhiker's Guide to the Galaxy pentalogie
Huweliksmaat Jane Belson
Webblad douglasadams.com

Douglas Noel Adams (11 Maart 1952 - 11 Mei 2001) was 'n Engelse skrywer van romans, essays, draaiboeke en toneelstukke. Adams het die grootste bekendheid verwerf vir sy radio-drama en roman The Hitchhiker's Guide to the Galaxy, wat uiteindelik ontwikkel is in 'n populêre reeks van vyf boeke (wat hy nietemin 'n "trilogie" genoem het). Dit is verder ook aangepas as televisiereeks, 'n verskeidenheid toneelstukke, grafiese roman, rekenaarspeletjie en vollengte film (2005).

Behalwe vir sy romans het Adams ook drie stories vir die televisiereeks Doctor Who geskryf.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy